Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SOOS sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ’n dwaas nie.

2. Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ’n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

3. ’n Sweep is vir die perd, ’n toom vir die esel en ’n roede vir die rug van die dwase.

4. Antwoord ’n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

5. Antwoord ’n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.

6. Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat ’n boodskap stuur deur middel van ’n dwaas.

7. Soos die bene van ’n lamme slap afhang, so is ’n spreuk in die mond van die dwase.

8. Soos een wat ’n klip in ’n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan ’n dwaas.

9. Soos ’n doring wat in die hand van ’n dronkaard geraak het, so is ’n spreuk in die mond van die dwase.

10. Soos ’n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ’n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

11. Soos ’n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ’n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26