Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 25:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Dit is die eer van God om ’n saak te verberg, maar die eer van konings om ’n saak na te speur.

3. Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

4. Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ’n voorwerp uitkom;

5. verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

6. Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.

7. Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! — as dat jy verneder word voor ’n edele wat jou oë gesien het.

8. Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

9. Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ’n ander se geheim nie,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 25