Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 25:19-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. ’n Slegte tand en ’n voet wat swik, so is die vertroue op ’n ontroue in die dag van benoudheid.

20. Soos een wat ’n kleed uittrek op ’n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ’n bedroefde hart met liedere verwelkom.

21. As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

22. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die Here sal jou dit vergelde.

23. Die noordewind bring ’n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte.

24. Om te woon op die hoek van ’n dak, is beter as by ’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 25