Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 25:16-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.

17. Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

18. ’n Knopkierie en ’n swaard en ’n skerp pyl, so is ’n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.

19. ’n Slegte tand en ’n voet wat swik, so is die vertroue op ’n ontroue in die dag van benoudheid.

20. Soos een wat ’n kleed uittrek op ’n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ’n bedroefde hart met liedere verwelkom.

21. As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

22. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die Here sal jou dit vergelde.

23. Die noordewind bring ’n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte.

24. Om te woon op die hoek van ’n dak, is beter as by ’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.

25. Koue water op ’n vermoeide siel, so is ’n goeie tyding uit ’n ver land.

26. ’n Troebel fontein en ’n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.

27. Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is ’n eer.

28. ’n Afgebreekte stad sonder muur, so is ’n man wat sy gees nie kan inhou nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 25