Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 25:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.

2. Dit is die eer van God om ’n saak te verberg, maar die eer van konings om ’n saak na te speur.

3. Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

4. Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ’n voorwerp uitkom;

5. verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 25