Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:11-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!

12. As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! — sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.

13. Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.

14. Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ’n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

15. Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.

16. Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

17. As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,

18. dat die Here dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.

19. Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.

20. Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.

21. My seun, vrees die Here en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.

22. Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?

23. Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24