Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!

6. Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.

7. Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

8. Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.

9. Spreek nie voor die ore van ’n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.

10. Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 23