Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23:29-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. By wie is „Ag!”; by wie is „Wee my!”; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?

30. By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.

31. Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:

32. op die end byt dit soos ’n slang en spuug gif uit soos ’n basilisk.

33. Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;

34. en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.

35. Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!

36. Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 23