Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:21-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?

22. Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.

23. Want die Here sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.

24. Verkeer nie met ’n driftige man nie, en met ’n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,

25. sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en ’n strik vir jouself span nie.

26. Wees nie onder die wat ’n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.

27. As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?

28. Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.

29. Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22