Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:7-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige — gelukkig is sy kinders ná hom.

8. ’n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

9. Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

10. Twee soorte gewig, twee soorte maat — hulle altwee is vir die Here ’n gruwel.

11. Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

12. ’n Oor wat hoor, en ’n oog wat sien — die Here het hulle altwee gemaak.

13. Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.

14. Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

15. Daar is goud en ’n menigte korale, maar ’n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

16. Neem sy kleed weg, want hy het vir ’n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.

17. Soet is vir ’n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

18. Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.

19. Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20. Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

21. ’n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is — die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

22. Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die Here, dat Hy jou help.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20