Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:21-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. ’n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is — die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

22. Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die Here, dat Hy jou help.

23. Twee soorte gewig is vir die Here ’n gruwel, en ’n valse weegskaal is nie goed nie.

24. Die voetstappe van ’n man hang van die Here af: hoe sou ’n mens dan sy weg verstaan?

25. Dit is vir die mens ’n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

26. ’n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.

27. Die gees van die mens is ’n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20