Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE wyn is ’n spotter, en sterk drank ’n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

2. Die dreiging van die koning is soos die gebrom van ’n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.

3. Dit is ’n eer vir ’n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

4. In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

5. Die raad in die hart van ’n man mag diep waters wees, ’n man van verstand sal dit tog uitskep.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20