Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 2:4-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

5. dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind

6. (want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

7. en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ’n skild vir die wat regskape wandel

8. deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

9. dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.

10. Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

11. oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 2