Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.

5. ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.

6. Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het ’n hoop vriende.

7. Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!

8. Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

9. ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.

10. Weelde pas nie vir ’n dwaas nie, hoeveel minder vir ’n kneg om oor vorste te heers!

11. Die verstand van ’n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ’n eer om die oortreding te vergewe.

12. Die grimmigheid van ’n koning is soos die gebrom van ’n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19