Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:24-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

25. Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.

26. Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is ’n seun wat skande maak en skandelik handel.

27. Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.

28. ’n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.

29. Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19