Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:16-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

17. Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

18. Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.

19. Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

20. Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.

21. Baie planne is in ’n man se hart, maar die raad van die Here, dié sal bestaan.

22. Die kostelike besit van ’n mens is sy weldadigheid; en liewer ’n arme as ’n leuenagtige man.

23. Die vrees van die Here is tot die lewe; en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur ’n onheil besoek te word.

24. Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

25. Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.

26. Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is ’n seun wat skande maak en skandelik handel.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19