Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Die grimmigheid van ’n koning is soos die gebrom van ’n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.

13. ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy vader, en die gekyf van ’n vrou is ’n aanhoudende gedrup.

14. Huis en goed is ’n erfenis van die vaders, maar ’n verstandige vrou is van die Here.

15. Luiheid laat in ’n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.

16. Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

17. Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

18. Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.

19. Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19