Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:1-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n ARME wat in sy regskapenheid wandel, is beter as ’n verkeerde van lippe en daarby ’n dwaas.

2. Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.

3. ’n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die Here.

4. Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.

5. ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.

6. Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het ’n hoop vriende.

7. Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!

8. Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

9. ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.

10. Weelde pas nie vir ’n dwaas nie, hoeveel minder vir ’n kneg om oor vorste te heers!

11. Die verstand van ’n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ’n eer om die oortreding te vergewe.

12. Die grimmigheid van ’n koning is soos die gebrom van ’n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.

13. ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy vader, en die gekyf van ’n vrou is ’n aanhoudende gedrup.

14. Huis en goed is ’n erfenis van die vaders, maar ’n verstandige vrou is van die Here.

15. Luiheid laat in ’n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.

16. Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

17. Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19