Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Aanmatigende taal pas nie by ’n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by ’n edele!

8. Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.

9. Wie ’n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ’n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

10. ’n Berisping gaan by ’n verstandige dieper in as om ’n dwaas honderd maal te slaan.

11. Die wederstrewige soek net onheil, maar ’n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.

12. Laat ’n beer wat van kleintjies beroof is, ’n mens ontmoet, maar nie ’n dwaas in sy sotheid nie.

13. Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.

14. Die begin van ’n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.

15. Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here ’n gruwel.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17