Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:26-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie — om edeles te slaan is onbetaamlik.

27. Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ’n man van verstand.

28. Selfs ’n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17