Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:22-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. ’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ’n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

23. Die goddelose neem ’n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

24. Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.

25. ’n Dwase seun is ’n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.

26. Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie — om edeles te slaan is onbetaamlik.

27. Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ’n man van verstand.

28. Selfs ’n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17