Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

20. Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.

21. Hy wat ’n dwaas verwek, vir hom sal dit ’n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.

22. ’n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ’n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

23. Die goddelose neem ’n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

24. Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.

25. ’n Dwase seun is ’n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17