Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:10-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. ’n Berisping gaan by ’n verstandige dieper in as om ’n dwaas honderd maal te slaan.

11. Die wederstrewige soek net onheil, maar ’n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.

12. Laat ’n beer wat van kleintjies beroof is, ’n mens ontmoet, maar nie ’n dwaas in sy sotheid nie.

13. Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.

14. Die begin van ’n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.

15. Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here ’n gruwel.

16. Waarom tog is daar geld in die hand van ’n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

17. Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.

18. Dit is ’n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.

19. Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17