Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BETER is ’n stuk droë brood en rus daarby as ’n huis vol offermaaltye met getwis.

2. ’n Verstandige dienaar sal heers oor ’n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.

3. Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die Here toets die harte.

4. Die kwaaddoener gee ag op ’n bedrieglike lip, ’n leuenaar luister na ’n tong wat onheil stig.

5. Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor ’n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.

6. Kindskinders is ’n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader ’n eer.

7. Aanmatigende taal pas nie by ’n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by ’n edele!

8. Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.

9. Wie ’n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ’n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17