Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:3-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

4. Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

5. Elke hoogmoedige van hart is vir die Here ’n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

6. Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die Here wyk ’n mens af van die kwaad.

7. As die Here behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.

8. Liewer ’n bietjie met geregtigheid, as ’n menigte van inkomste met onreg.

9. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.

10. Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.

11. ’n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die Here, al die weegstene in die sak is sy werk.

12. Dit is ’n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.

13. Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.

14. Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ’n wyse man bring dit tot bedaring.

15. In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos ’n wolk van die laat reëns.

16. Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16