Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:25-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

26. Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.

27. ’n Deugniet grawe ’n kuil van onheil, en op sy lippe is soos ’n brandende vuur.

28. ’n Man van valse streke saai tweedrag, en ’n kwaadstoker skei vriende van mekaar.

29. ’n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ’n weg wat nie goed is nie.

30. Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.

31. Grysheid is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.

32. Die lankmoedige is beter as ’n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ’n stad inneem.

33. In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die Here.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16