Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die Here.

2. Al die weë van ’n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.

3. Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

4. Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

5. Elke hoogmoedige van hart is vir die Here ’n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

6. Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die Here wyk ’n mens af van die kwaad.

7. As die Here behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.

8. Liewer ’n bietjie met geregtigheid, as ’n menigte van inkomste met onreg.

9. Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.

10. Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.

11. ’n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die Here, al die weegstene in die sak is sy werk.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16