Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:17-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Liewer ’n porsie groente waar liefde by is, as ’n vetgevoerde bees en haat daarby.

18. ’n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.

19. Die weg van die luiaard is soos ’n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.

20. ’n Wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase mens verag sy moeder.

21. Sotheid is ’n vreugde vir die verstandelose, maar ’n man van verstand wandel reguit.

22. Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

23. ’n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is ’n woord op sy tyd!

24. Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.

25. Die Here ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.

26. Die planne van die slegte is vir die Here ’n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.

27. Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.

28. Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.

29. Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.

30. Stralende oë verbly die hart; ’n goeie tyding maak die gebeente vet.

31. Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15