Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Liewer ’n bietjie in die vrees van die Here, as ’n groot skat en onrus daarby.

17. Liewer ’n porsie groente waar liefde by is, as ’n vetgevoerde bees en haat daarby.

18. ’n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.

19. Die weg van die luiaard is soos ’n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.

20. ’n Wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase mens verag sy moeder.

21. Sotheid is ’n vreugde vir die verstandelose, maar ’n man van verstand wandel reguit.

22. Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

23. ’n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is ’n woord op sy tyd!

24. Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15