Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:9-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

10. Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ’n ander hom nie meng nie.

11. Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

12. Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

13. Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ’n blydskap is bekommernis.

14. Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

15. Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

16. Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

17. Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en ’n slinkse man word gehaat.

18. Die eenvoudiges verkry sotheid as ’n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

19. Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

20. Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14