Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

15. Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

16. Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

17. Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en ’n slinkse man word gehaat.

18. Die eenvoudiges verkry sotheid as ’n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

19. Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

20. Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

21. Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

22. Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.

23. In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

24. Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14