Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.

19. ’n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is ’n gruwel vir die dwase.

20. Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.

21. Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.

22. ’n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

23. Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.

24. Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.

25. Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 13