Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.

14. Die onderrig van die wyse is ’n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.

15. ’n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

16. Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 13