Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13:12-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. ’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom.

13. Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.

14. Die onderrig van die wyse is ’n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.

15. ’n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

16. Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.

17. ’n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar ’n betroubare boodskapper is ’n gerusstelling.

18. Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.

19. ’n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is ’n gruwel vir die dwase.

20. Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.

21. Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.

22. ’n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

23. Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 13