Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 12:8-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Ooreenkomstig sy insig word ’n man geprys; maar ’n verkeerde van hart sal verag word.

9. Wie gering geag word en ’n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.

10. Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

11. Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

12. Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.

13. In die oortreding van die lippe lê daar ’n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.

14. Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ’n mens se hande kom op hom terug.

15. Die weg van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

16. Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

17. Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ’n valse getuie bedrog.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 12