Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 12:14-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ’n mens se hande kom op hom terug.

15. Die weg van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

16. Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

17. Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ’n valse getuie bedrog.

18. Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.

19. ’n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ’n valse tong vir ’n oomblik.

20. Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

21. Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.

22. Valse lippe is vir die Here ’n gruwel, maar Hy het ’n welbehae in die wat getrou handel.

23. ’n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 12