Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 12:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EEN wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

2. Die goeie verkry ’n welbehae van die Here, maar Hy veroordeel ’n slinkse man.

3. Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.

4. ’n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ’n verrotting in sy gebeente.

5. Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

6. Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.

7. Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

8. Ooreenkomstig sy insig word ’n man geprys; maar ’n verkeerde van hart sal verag word.

9. Wie gering geag word en ’n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.

10. Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

11. Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

12. Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.

13. In die oortreding van die lippe lê daar ’n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 12