Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:25-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

26. Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.

27. Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

28. Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

29. Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en ’n dwaas word ’n slaaf van hom wat wys van hart is.

30. Die vrug van die regverdige is ’n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.

31. As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11