Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:11-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Deur die seën van die opregtes kom ’n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.

12. Die verstandelose verag sy naaste, maar ’n verstandige man bly stil.

13. Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ’n saak.

14. As daar nie goeie oorleg is nie, val ’n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

15. Baie sleg word iemand behandel as hy vir ’n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

16. ’n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.

17. ’n Man wat ’n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar ’n wreedaard pynig sy eie vlees.

18. Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.

19. Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.

20. Die wat verkeerd van hart is, is vir die Here ’n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.

21. Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

22. ’n Goue ring in ’n vark se snuit, so is ’n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

23. Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is ’n strafgerig van toorn.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11