Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 3:17-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Die Here jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

18. Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.

19. Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ’n lof en tot ’n roem wie se skande oor die hele aarde was.

20. In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ’n roem en tot ’n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 3