Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 2:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. KOM tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!

2. Voordat die besluit baar — soos kaf gaan die dag verby — voordat daar oor julle kom die toorngloed van die Here, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die Here.

3. Soek die Here, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid — miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die Here.

4. Want Gasa sal verlate wees en Áskelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.

5. Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die Here is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne — Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.

6. En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.

7. En dit sal wees ’n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Áskelon gaan lê, want die Here hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 2