Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 1:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En op die dag van die offer van die Here sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.

9. Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.

10. En op dié dag, spreek die Here — hoor! ’n geskreeu van die Vispoort af en ’n gehuil van die Nuwe Stad af en ’n groot gekraak van die heuwels af!

11. Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.

12. En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die Here doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.

13. En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.

14. Naby is die groot dag van die Here, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die Here! Bitterlik skreeu die held daar.

15. Dié dag is ’n dag van grimmigheid, ’n dag van benoudheid en angs, ’n dag van woestheid en verwoesting, ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag,

16. ’n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 1