Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 1:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En op dié dag, spreek die Here — hoor! ’n geskreeu van die Vispoort af en ’n gehuil van die Nuwe Stad af en ’n groot gekraak van die heuwels af!

11. Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.

12. En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die Here doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.

13. En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.

14. Naby is die groot dag van die Here, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die Here! Bitterlik skreeu die held daar.

15. Dié dag is ’n dag van grimmigheid, ’n dag van benoudheid en angs, ’n dag van woestheid en verwoesting, ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag,

16. ’n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.

17. En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die Here gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.

18. Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ’n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 1