Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 9:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed.

13. Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van ’n held.

14. Dan sal die Here oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here Here sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.

15. Die Here van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, ’n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van ’n altaar.

16. En die Here hulle God sal hulle in dié dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land.

17. Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 9