Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 9:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK. Die woord van die Here teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus — want die Here hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.

2. En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.

3. Ja, Tirus het vir hom ’n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.

4. Kyk, die Here sal hom in besit neem en sy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.

5. Áskelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Áskelon bly onbewoond;

6. en die baster sal in Asdod woon — so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn ’n einde maak —

7. en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos ’n stamhoof in Juda, en Ekron soos ’n Jebusiet.

8. En Ek sal om my huis ’n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.

9. VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 9