Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 7:9-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ’n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.

10. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.

11. Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie.

12. Ook het hulle hul hart soos ’n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die Here van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die Here van die leërskare ’n groot toorn gekom.

13. Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie — so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die Here van die leërskare gesê.

14. Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasies wat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is, sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot ’n wildernis gemaak.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 7