Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 6:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.

6. Dié met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide.

7. En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trek om die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis.

8. Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde.

9. En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

10. Neem aan van die ballinge, uit die hand van Héldai, Tobía en Jedája — kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Josía, die seun van Sefánja, waar hulle uit Babel aangekom het —

Lees volledige hoofstuk Sagaría 6