Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 4:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ’n man wat uit die slaap opgewek word.

2. En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ’n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.

3. Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.

4. Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?

5. En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.

6. Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.

7. Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ’n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!

8. En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

9. Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na julle gestuur het.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 4