Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 2:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die Here! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die Here.

7. Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!

8. Want so sê die Here van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sý oogappel aan.

9. Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ’n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die Here van die leërskare my gestuur het.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 2