Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 2:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ek het my oë opgehef en gekyk — daar was ’n man met ’n meetsnoer in sy hand.

2. Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.

3. En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en ’n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,

4. aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos ’n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.

5. En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ’n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.

6. Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die Here! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die Here.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 2